
Labirint
Albert Olivier is ‘n suksesvolle besigheidsman van ‘n klein Weskus dorpie. Gelukkig getroud en pa van twee kinders, woon die Olivier-gesin in hul eie klein, stukkie paradys. Totdat een woord hulle hele wêreld kom omver gooi het…retrenchment.
Op veertig is Albert afgedank en werkloos. Hy het sy pakket uit desperaatheid belê in ‘n skema wat op die ou einde ten gronde gegaan het. Sy vrou, Idil, het geen kennis van hierdie belegging gedra nie en so loop die verwyte hoog.
As ‘n trotse, wit, Afrikaner man het hy homself, na die afdanking, in ‘n donker gat van selfverwyt en selfbejammering bevind. Woede en depressie het in hom begin bou. Terwyl hy die oordeel van die gemeenskap in die oë staar en trots die hulp van die skoonfamilie wegwys, moet Idil die pot aan die kook hou.
Albert is op breekpunt – hy staan op die punt om sy vrou, kinders, geliefde huis en selfs sy lewe te verloor.
Labirint is ‘n realistiese, allerdaagse verhaal wat die samelewing eerder nie kies om oor te praat nie. Met die swak ekonomie en min werksgeleenthede van Suid-Afrika, word baie mans van hul trots ontneem. Neem ‘n man se trots, dan neem jy sy lewe…
Repetisies vir die produksie begin 20 Junie 2012 in Kaapstad. En die produksie open 12 Julie 2012 by die Vryfees in Bloemfontein.
Kontakbesonderhede
Facebook: Labirint